by KSK | Oct 14, 2024 | Nuus
Geagte Lede en Belangstellendes. Graag deel ons die volgende nuus en inligting met u. Henk Celliers het in die afgelope dae ’n stemboodskap die ruimte ingestuur. Met verwysing na ’n mening wat KSK by Prokureur Adriaan Venter verkry het op 9 Desember 2010. Henk Cilliers het onder andere die volgende gesê: ….Adriaan Venter Senior sê die bank mag nie geld uitgee op onwettige eiendom nie, ongesekureerde eiendom nie. Nieteenstaande dit het hulle steeds aangegaan terwyl die ondervoorsitter Ruan Genis op die direksie dien. Hy is baie bewus van hierdie brief dat hulle nie mag handel dryf nie. Hulle het steeds aangegaan…. Dit wat hy gesê het, is van alle waarheid ontbloot en kwaadwillig. Hy het onder andere gemeld dat hy, Johan Venter en Sakkie Booysen ’n onderhoud met Rapport se verslaggewer gehad het. Dit word verwag dat die berig binnekort in een of meer koerante kan verskyn. In afwagting van ’n moontlike negatiewe berig(te) oor KSK, verskaf ons graag die volgende agtergrond. KSK het Prokureur Venter se mening aangevra na aanleiding van sekere applikante se Hoë Hof Aansoek teen die destydse Kleinfontein Boerebelange Koöperatief Beperk (“KBK”) in 2010. Hierdie was dus vir ‘n spesifieke doel bekom. Met die uitspraak wat gunstig was vir Kleinfontein, het die doel van die dokument verval. In die mening het Prokureur Venter onder andere bevind dat KSK se sekuriteit op daardie tydstip wel risiko’s ingehou het, omrede Kleinfontein nie geformaliseer was nie. Hy het onder andere ook die volgende gemeld: KSK se finansiële belang spruit daaruit voort dat u by wyse van ‘n Samewerkingsooreenkoms wat met die KBK gesluit is, interne finansiering verleen aan...
by KSK | Aug 22, 2024 | Nuus
Febuarie 2024 – Sedert sy ontstaan is KSK dié Finansiële Instelling in ons gemeenskap.Een van die hoof doelstellings is om dit vir volksgenote moontlik te maak om hulself en hul gesinne op Kleinfontein te vestig deur lenings toe te staan vir die koop, oprig en/of verbeteringe van eiendom.Vanselfsprekend benodig KSK beleggings van ons lede om dit moontlik te maak om lenings te verskaf vir hierdie doel. Die lid se Aandele in Kleinfontein Aandeleblok(Eiendoms)Beperk,met die gepaardgaande benuttingsreg, word as sekuriteit geneem deurdat dit aan KSK verpand word. KSK bevestig hiermee weereens sy bestaansdoel en nooi ons lede uit om u Instelling te ondersteun.Graag versoek ons u ook om belangstellendes wat die doelstellings van KSK en ons Kleinfonteingemeenskap ondersteun, aan te moedig om lid te word van KSK en fondse te belê. Hierdeur dra elkeen by tot dieontwikkeling en groei van ons gemeenskap. Wat is KSK se Doelstelling: Om die ekonomiese welvaart van sy lede te bevorder deur die toegang tot finansiële dienste onder volhoubare omstandighede te verbeter deur bankdienste te voorsien ooreenkomstig die bepalings van die Wet op Koöperatiewe Banke, soos van tyd tot tyd gewysig; Om spaargeld aan te moedig deur middel van ‘n manier waarop sulke spaargeld ‘n mededingende rentekoers kan ontvang. Seggenskap KSK Koöperatiewe Bank Beperk is ‘n Koöperasie wat bankdienste lewer, dus kan slegs lede KSK se produkte en dienste benut. Die voordeel van lidmaatskap is dat lede ware seggenskap het oor die instansie wat jou geldsake hanteer. Hierdie seggenskap is in die vorm van stemreg op die Koöperasie se Jaarlikse Algemene Vergaderings van lede waar kwessies rakende die bank se bestuur bespreek word. Hierdie kwessies...
by KSK | Aug 22, 2024 | Nuus
KSK Koöperatiewe Bank Beperk is ’n Koöperasie wat bankdienste lewer, dus kan slegs lede KSK se produkte en dienste benut. Die voordeel van lidmaatskap is dat lede ware seggenskap het oor die instansie wat jou geldsake hanteer.Hierdie seggenskap is in die vorm van stemreg op die Koöperasie se Jaarlikse Algemene Vergaderings van lede waar kwessies rakende die bank se bestuur bespreek word. Hierdie kwessies sluit in: • Verslag van die Voorsitter oor aktiwiteite oor die jaar• Oorweging en goedkeuring van die Finansiële Jaarstate en Oudit verslag • Verslae van die Ouditkomitee en Kredietkomitee • Verkiesing van die Direkteure en...