KSK bevestig sy Bestaansdoel

Febuarie 2024 – 

Sedert sy ontstaan is KSK dié Finansiële Instelling in ons gemeenskap.
Een van die hoof doelstellings is om dit vir volksgenote moontlik te maak om hulself en hul gesinne op Kleinfontein te vestig deur lenings toe te staan vir die koop, oprig en/of verbeteringe van eiendom.
Vanselfsprekend benodig KSK beleggings van ons lede om dit moontlik te maak om lenings te verskaf vir hierdie doel. Die lid se Aandele in Kleinfontein Aandeleblok(Eiendoms)Beperk,met die gepaardgaande benuttingsreg, word as sekuriteit geneem deurdat dit aan KSK verpand word.

KSK bevestig hiermee weereens sy bestaansdoel en nooi ons lede uit om u Instelling te ondersteun.
Graag versoek ons u ook om belangstellendes wat die doelstellings van KSK en ons Kleinfontein
gemeenskap ondersteun, aan te moedig om lid te word van KSK en fondse te belê. Hierdeur dra elkeen by tot die
ontwikkeling en groei van ons gemeenskap.

Wat is KSK se Doelstelling:

Om die ekonomiese welvaart van sy lede te bevorder deur die toegang tot finansiële dienste onder volhoubare omstandighede te verbeter deur bankdienste te voorsien ooreenkomstig die bepalings van die Wet op Koöperatiewe Banke, soos van tyd tot tyd gewysig;

Om spaargeld aan te moedig deur middel van ‘n manier waarop sulke spaargeld ‘n mededingende rentekoers kan ontvang.

Seggenskap

KSK Koöperatiewe Bank Beperk is ‘n Koöperasie wat bankdienste lewer, dus kan slegs lede KSK se produkte en dienste benut.  Die voordeel van lidmaatskap is dat lede ware seggenskap het oor die instansie wat jou geldsake hanteer.

Hierdie seggenskap is in die vorm van stemreg op die Koöperasie se Jaarlikse Algemene Vergaderings van lede waar kwessies rakende die bank se bestuur bespreek word. Hierdie kwessies sluit in:

  • Verslag van die Voorsitter oor aktiwiteite oor die jaar;
  • Oorweging en goedkeuring van die Finansiële Jaarstate en Oudit verslag;
  • Verslae van die Ouditkomitee en Kredietkomitee
  • Verkiesing van die Direkteure en Ouditkomitee