KSK Koöperatiewe Bank Beperk is ’n Koöperasie wat bankdienste lewer, dus kan slegs lede KSK se produkte en dienste benut. Die voordeel van lidmaatskap is dat lede ware seggenskap het oor die instansie wat jou geldsake hanteer.
Hierdie seggenskap is in die vorm van stemreg op die Koöperasie se Jaarlikse Algemene Vergaderings van lede waar kwessies rakende die bank se bestuur bespreek word. Hierdie kwessies sluit in:
• Verslag van die Voorsitter oor aktiwiteite oor die jaar
• Oorweging en goedkeuring van die Finansiële Jaarstate en Oudit verslag • Verslae van die Ouditkomitee en Kredietkomitee • Verkiesing van die Direkteure en Ouditkomitee